2005-10-25

Nog 'n apie in my mou

Almal blog mos deesdae. Dit het my tot nou toe nogal heeltemal koudgelaat, maar toe, gisteraand, het iets met my gebeur wat die lig vir my laat opgaan het.

In September 2001 (niks te doen met 9/11 nie) het ek begin om al my mail te hou. Alles behalwe spam. Dit is 'n volledige backlog van werksdokumentsie, en 'n maklike manier om te trace wie nou eintlik wat vir wie gesê het wanneer, of waar's daai file nou weer? O ja - iemand het hom mos vir my gemail, gaan search maar net weer in die ou mail.

Gisteraand begin ek toe bietjie lees deur omtrent drie jaar se sosiale email. Wow! Die memories wat daarin vasgevang is, is immense! Mense se groot verjaarsdagpartytjies op interessante plekke, drankies by mense se huise, gigs en happenings, paty suksesvol, ander nie. Random foto's wat mense vir mekaar stuur. Wow!

Ek besef nou eers hoe verfyn die moontlikheid om jou eie lewe te dokumenteer geword het. 'n Mens kon nog altyd 'n dagboek byhou, maar email is 'n outomatiese dagboek, annotated met attachments, wat al jou gesprekke, afsprake, ramblings en baie van jou gedagtes vasvang in tyd, sonder dat jy eers probeer! Die virtuele vlieg in die amber...

En dit bring my terug by blogging. Wat is die possibilities hiervan as jy actually 'n effort insit? Kyk byvoorbeeld na hierdie girl se blog: http://www.vacant.cc.
Sy blog ALLES. Elke dag. En sy neem elke dag tonne foto's en upload ALLES. Wow. En sy het hierdie super volledige rekord van haar lewe, dag vir dag, wat baie meer as volledig is om byvoorbeeld eendag 'n script van te skryf (as dit 'n bietjie interessanter word ;))

So - hier's my blog. En omdat ek nie noodwendig my hele lewe wil blog nie, het ek 'n tema gekies. NuL. NuL is my elektroniese musiekprojek, en al my musiek word gehost op http://www.nul.com.sg. Ek het nog geen idee waarheen ek hierdie gaan vat nie, daar's soveel moontlikhede. Tips vir die maak van elektroniese musiek? Joernaal-styl dag tot dag gebeure? My persoonlike ramblings en gripes met goete? Engels of Afrikaans? Albei?

So - as julle idees het - comment asseblief. Intussen sal ek sien waaroor raak ek volgende lus om te post...

Tjappalaainauw

2 Kommentaar:

Anonymous Anonymous het gesê...

Nu? Onlaain louns se ma!

02:36  
Blogger sojourner incognito het gesê...

Ek sit nou al amper 7 maande in Tjonkieland en ek't soortvan vergeet van die moerderland.

En vir een of ander onverklaarbare rede bevind ek myself nou in 'n uiterste one-click-led-to-another breinspoel van Afrikaanse blogs.

Snaaks. Nie haha snaaks nie. Die ander snaaks.

Yeah anyways, ek het jou comment op iemand anders se blog raakgelees, en dit was moerse cool. Want dit was positief. Dis mos makliker om te kak en kerm wanneer jy nie die gras kan sien nie, net die kunsmis.

Anyhoo. Hirdie blogs is anyways geskryf toe ek nog met my gat in SA gesit het, so ek krap nou lekker in die ou koeie rond.

Lata ne.

15:06  

Post a Comment

<< Home