2005-10-25

Musiek is inherent gratis. Punt.

Oraait - laat ek hierdie issue nou vir eens en vir altyd van my hart af kry.

Die RIAA, CRIA, ARIA, RISA (ek gaan hulle nie link nie - hulle is dit nie werd nie) en just about elke ander Record Industry Association in die wêreld moet nou net so gou as moontlik bankrot raak, saam met al die labels wat daaraan behoort, sodat die musiekindustrie kan voortgaan om te operate as 'n vrye mark.

Dis 'n bietjie buite konteks - laat ek voor begin...

'n CD is 'n produk. Dit het artwork op, en klank is daarop gestoor in 'n formaat waaruit die klank maklik geretrieve kan word. Dis ook 'n versamelaarsitem, gewoonlik deel van 'n stel. Jy kan geld vra vir 'n CD. Jy kan nie geld vra vir die musiek daarop nie.

'n Live show is ook 'n produk. Dis 'n diens, en kan byvoorbeeld per uur gebill word. (Dit word nie gewoonlik so gebill nie, maar ek dink dis 'n goeie analogie). 'n Live show is 'n klomp aksies wat deur mense uitgevoer word, wat georganiseerde klank tot gevolg het. Jy betaal die mense vir die werk wat hulle doen, nie vir die musiek wat in die lug dryf as gevolg daarvan nie.

Musiek is NIE 'n produk NIE. Musiek is gratis, soos lug. Jy kan NIE daarvoor geld vra nie, en jy kan NIE mense keer om dit by mekaar te copy nie (hoekom wil jy dit anyway doen?). Musiek is georganiseerde klank, en klank is 'n medium, nie 'n produk nie. As jy vir musiek geld vra, moet jy 'n lisensie besit op die draer van klank - met ander woorde atmosfeer, of lug. Dan het jy dus die mag om alle mense per woord te charge as hulle praat, of luister, of albei. En terwyl jy op hierdie "I'm a god" plak is, hoekom license jy nie sommer almal se bloed ook nie - dan kan jy hulle geld vra per hartklop. Daarsy liewe aandeelhouers - gross net worth throug the roof! Ons besit mos klaar al die bloedbanke...

Record Labels het in die dae voor vinnige Internet 'n Mafia gestig om die verspreiding van musiek te beheer en te monopoliseer. Hierdie Mafia operate onder verskillende name in verskillende lande, maar het altyd iets te doen met "Recording Industry Association". Amerika s'n is byvoorbeeld die RIAA (Recording Industry Association of America). Suid-Afrika s'n is RISA (Recording Industry of South Africa).

Hierdie Mafia was in die verlede 'n necessary evil. Die kunstenaar maak musiek, en gee dit onmiddelik vir die Label. Dit behoort nie meer aan hom of haar nie. Die Label het gewoonlik op dié stadium al klaar vir die studiotyd betaal (die studio behoort aan hulle), en bemark en verkoop die musiek namens die kunstenaar. Hulle vat dan sommer ook die wins namens die kunstenaar. Die kunstenaar kry tipies so ses persent van die CD-verkope (dikwels minder). Maar in die dae voor super-connectivity was daar geen ander manier om musiek vinnig te versprei nie. Die kanale was min, totaal gemonopoliseerd, en studio-tyd vir die ou op straat was peperduur.

Nou het dinge so 'n bietjie verander.

Alles kan nou digitaal gedoen word, en die tradisionele tien miljoen rand studio se rekenaargebaseerde ekwivalent kan nou gebou word vir tienduisend rand of minder. Gevolglik kos studio-tyd min, en kunstenaars kan dit self bekostig. Wat word nou van die Mafia se rol? Miskien kan hulle nog die catering doen of iets...

Maar wag - hulle beheer mos die verspreidingskanale - excellent.

Pop! Daar bars daai bubble ook, met die koms van broadband internet, en slim peer to peer applications waarmee mense musiek (en ander files) onder mekaar kan share. Natuurlik gaan die Mafia reageer, en probeer om hierdie ding te beveg met alles wat hulle het. Gevolglik probeer hulle nou om downloading te criminalize. En niemand weet mooi wat om daaromtrent te doen nie.

Komaan - downloading - dis nie regtig 'n crime nie. Hulle wil net hê jy moet so dink. Hoe kan iets 'n crime wees as by verre die meeste van die relevante wêreldbevolking absoluut geen probleem daarmee het nie? In fact, wat word die primêre funksie van die Internet nou eintlik as jy downloading criminalize? Wat hulle voor hoop, is om genoeg mense bang genoeg te maak vir file-sharing, dat hulle dit NOOIT weer sal doen nie, en dat dit amptelik as 'n misdaad gesien sal word. En hulle is besig om dit reg te kry.

Die oplossing op hierdie evil dilemma is agter baie eenvoudig, maar nie so voor die hand liggend nie. Alle mense wat musiek maak, moet dit gratis downloadable maak. Sit hulle uit die mark uit.
Ek kan hoor hoe kerm kunstenaars al klaar "...wat van ons revenue...".

As 'n kunstenaar gesign is is sy of haar revenue klaar in die Record Label se sak. Sò iemand is nie regtig meer 'n kunstenaar nie, maar 'n fabriekswerker. Jammer, ons praat hier van kunstenaars. Volgende!

'n Kunstenaar wat wel sy of haar EIE musiek maak, kan net daarby baat om musiek gratis online te publish. Onthou dat die produk nie die musiek is nie, maar CD's en live shows. Die gratis musiek gaan baie meer CD's en live shows verkoop as dit goed versprei word, en hierdie verpsreidingkanale kos niks. Dit vat net tyd.

So, my punt is, die bemarkings-aspek van musiekproduksie is nou in die hande van die kunstenaar soos nog nooit tevore nie, en die tyd is ryper as ooit, omdat almal nog nie dié geleentheid besef nie. Begin nou met jou online legacy, en jou toekoms gaan blink wees. Dit is oor en oor bewys dat gratis downloads CD-verkope boost. Dit is selfs al gekwantifiseer. 150 downloads = 1 sale. Hoekom dink jy bly groot name soos Rammstein en Marilyn Manson se volledige musiekrekords op P2P netwerke? Hulle kan definitief sue as hulle wil (soos Metallica, die arme sotte), maar hulle verstaan die voordeel wat hulle uit hierdie kanale trek, en hulle publish self hulle musiek op die P2P netwerke. Soos baie ander. En sales bly klim.

Nou is dit net 'n waiting game - gaan die RIAA en die res van die Mafia oorleef, of gaan die musiekindustrie uiteindelik 'n vrye mark word?

1 Kommentaar:

Blogger mindispower het gesê...

Hier sit ek Kalifornia en wonder, waar die donder was julle toe ek nog in SA was. Mense, jul goed is briljant. Ek gaan al my vriende laat weet. Baie dankie.

14:02  

Post a Comment

<< Home