NuL maak Afrikaanse Elektroniese Rewolusiemusiek. Die styl het invloede in van IDM, EBM & Industrial. Jy kan al NuL se musiek gratis download op die NuL website. Dis Creative Commons gelicense.
2010-03-09
Today, at launch time, the Guided Collective stands at 12710 lines of well-tested code, all written from scratch, in 2 1/2 months.
Ek is sedert 1998 besig met 'n Afrikaanse Elektroniese Musiekprojek by name NuL. Ek poog om powerful Afrikaanse musiek te maak. Powerful, want dit is hoe ek my musiek verkies vandat ek kan onthou. Afrikaans, want ek praat en skryf baie beter Afrikaans as Engels of Zulu. Op die oomblik maak ek die meeste van my musiek in 'n EBM styl. Ek hou van die styl, en is besig met 'n exploration van al die moontlikhede daarbinne. Ek breek egter al hoe meer en meer uit EBM uit. Ek dink die eindpunt van hierdie eksperiment sal tien teen een iets redelik eklekties wees, met 'n sterk EBM ondertoon. Maar gaan luister liewer self.