2005-11-16

Een vir die goeie ouens (hopelik)

In die gees van die Groot Paranoia het Sony toe mos ook ‘n ruk terug op die DRM bandwagon geklim, en, so lyk dit nou, hulle vingers lelik verbrand. Good Riddance.

So, waaroor gaan die bohaai nou eintlik?

Ek’s nie seker wie het die kannetjie wurms eerste oopgemaak nie, maar omtrent so teen die einde van Oktober het stories begin rondloop dat die kode wat Sony op audio CD’s sit om te keer dat dit gecopy word, actually ‘n Rootkit op jou rekenaar installeer. Lekker.



Gou daarna het reports begin opduik van Trojans wat die Rootkit exploit, kids wat die Rootkit gebruik om hulle World of Warcraft cheatcodes verby die Warden te kry, en, ironies genoeg, ‘n ou wat dit reggekry het om die Rootkit teen homself te gebruik om sy CD’s gerip te kry – presies dit wat die DRM veronderstel is om te keer. Nou raak dit baie lekker.

Hierna was dit nie lank voor die class-action lawsuits begin inrol het nie. Blykbaar het die Rootkit nou al ‘n halfmiljoen netwerke geinfiltreer. Hierdie gaan nog groot raak.

En in ‘n nuwe, meer ironiese twist, lyk dit nou of Sony actually LGPL-licensed kode gebruik het in die DRM, sonder om die source code saam met die application te ship, wat ‘n direkte violation van die lisensie is.

Dit wys jou, jy kan nie in 'n sinnelose argument belê nie. Dit gaan backfire.

2005-11-14

Masjienbepaalde Hit Songs

Navorsers by MIT beweer hulle het met sukses die hitsong formule gecrack (artikel hier). Die algoritme luister na 'n song, en bepaal hoe goed dit in die charts gaan doen. Verder maak dit ook selfs voorspellings oor die woorde wat gebruik gaan word om die song te beskryf in reviews. Lekker freaky, hê?

Ek sal persoonlik 'n baie groot partytjie reël as hierdie produk 'n de facto standaard in die musiekindustrie word. Dit sal die hele media-masjien uiteindelik op homself laat instort. Hoog tyd. Miskien kan die musiekindustrie dan selfs in 'n ware vrye mark ontaard, wie weet? Maar kom ons stel nie ons verwagtinge te hoog nie.

OK - hoekom sê ek die ding gaan self-destruct? Eenvoudig...

Recording Industry Associations besluit reeds wat in die charts gaan feature. Die media-engin werk akkuraat genoeg om hierdie hits te bepaal. Die algoritme reverse-engineer dus die RIAA en ander RIA's (wat almal eintlik maar na die RIAA luister), se formule om te bepaal wat geluister moet word. As die RIAA self dus nou hierdie tool begin gebruik om te bepaal wat maak dit in die charts, gaan die charts vinnig daarna stabilseer en dieselfde bly. Die hele stelsel in sy moer in, lekker...

Die vraag is nou net, hoekom sal die RIAA enigsins so 'n tool gebruik?
Touché...

2005-11-04

Pyn (vervolg)

Ok - ek het 'n kansie gekry om die Pyn-idee so effens te verfyn. Hier's die update:


snellend, snyend deur die soolsagte drempel
blywende beeld op die brein gestempel
ruk deur my ruggraat vertak in my weë
om die drekkige dosis diep af te gee

Dis Pyn (aaaaaaaaaaaaaaahhhh) X4

wilde oop wonde gekram by die wand
skeur saggies oop, sypel deur die verband
my gebit is gesink in 'n growwe houtstok
ek probeer om die gevoel uit my verstand uit te skok

Dis Pyn (aaaaaaaaaaaaaaahhhh) X4


Ek dink daar kan nog twee versies bykom - sal nog 'n bietjie dink. Ek mis nog die idee waar die pyn so erg is dat alle betekenis om jou basically verdwyn, die punt waar jy basically lê en kreun en jou lyf rondruk, sonder om dit te kan help. Dit kan dalk help om die volgende twee versies minder betekenis te gee, en meer te fokus op die rou klanke.

Pos idees as jy het...