2005-11-04

Pyn (vervolg)

Ok - ek het 'n kansie gekry om die Pyn-idee so effens te verfyn. Hier's die update:


snellend, snyend deur die soolsagte drempel
blywende beeld op die brein gestempel
ruk deur my ruggraat vertak in my weë
om die drekkige dosis diep af te gee

Dis Pyn (aaaaaaaaaaaaaaahhhh) X4

wilde oop wonde gekram by die wand
skeur saggies oop, sypel deur die verband
my gebit is gesink in 'n growwe houtstok
ek probeer om die gevoel uit my verstand uit te skok

Dis Pyn (aaaaaaaaaaaaaaahhhh) X4


Ek dink daar kan nog twee versies bykom - sal nog 'n bietjie dink. Ek mis nog die idee waar die pyn so erg is dat alle betekenis om jou basically verdwyn, die punt waar jy basically lê en kreun en jou lyf rondruk, sonder om dit te kan help. Dit kan dalk help om die volgende twee versies minder betekenis te gee, en meer te fokus op die rou klanke.

Pos idees as jy het...

1 Kommentaar:

Anonymous Anonymous het gesê...

Hey Adriaan

Lekker song waarmee jy besig is. Ek geniet jou musiek, en deel jou menings. Ek speel ook gereeld jou 7de laan song op ons radiostasie oor die internet by www.kraaipromosies.co.za en ons het ook jou onderhoud met Machiel en Charlene op hulle potgooi op die radiostasie her uitgesaai.

Nou, hier is my interpretasie van 'n volgende versie vir jou. Gebruik, of gooi weg, nes jy wil.

Vers 3

Gedagtes verdoof in my donker kop
Intense swart sterre by my oe uitpop
Swerwend in duister, met niks meer oor
My hele wese het die stryd verloor.

Dis Pyn (aaaaaaaaaaaaaaahhhh) X4

20:41  

Post a Comment

<< Home