Beginnings van 'n Nuwe Song - Pyn
Ek het laasweek die unieke geleentheid gehad om 'n lekker kickass dosis intense pyn te beleef - die soort wat die naald verby die rooi teen die stoppertjie laat vasslaan - jy weet. Daai soort wat jou laat reken iewers gaan daar nou 'n top crack of ten minste 'n gasket blaas.
So, toe dog ek mos na die tyd (weer lekker braaf en grootbek) dat dit lekker subject matter kan maak vir 'n baie kickass, baie harde, amper obnoxious song. Noise galore - want dis essentially wat pyn is - noise op jou nerves.
Ek wil dit nie spesifiek maak nie - dit moet nie 'n storie vertel nie - dit moet absoluut net metafories die sensasie van pyn beskryf, en die state-of-mind wat daarmee gepaardgaan. Die volgende twee lyntjies beskryf die konsep:
Snellend, snyend deur die soolsagte drempel,
Blywende Beeld op die Brein gestempel.
En so aan. Ek sal update soos ek die idee ontwikkel, gooi asseblief comments as jy idees het...


0 Kommentaar:
Post a Comment
<< Home