Brilliance vs Brontosaurus
In elk geval - I digress... Die dude, sir dude, het myns insiens 'n paar moer slim uitlatings gemaak oor die hele IP sirkus by 'n seminaar in London, 'n stap wat eintlik heeltemal kontra sy werk blyk te wees. Hy reken daar's nie soveel patente nodig nie, en dat die hele patente idee eintlik maar net deur Amerikaners uit verband uit geruk is sodat jy deesdae IP kan registreer op, in sy woorde, 'n nuwe manier om lemoene op 'n balie te pak. Once. Kon dit self nie beter gesê het nie. Hy vra byvoorbeeld die vraag of daar werklik patente nodig is vir sagteware, en waar die bewys daarvoor is.
Aan die ander kant van die spektrum, by die sirkus-faksie, oftewel die musiekmafia, wil die RIAA nou digitale radio-broadcasters forseer om te sorg dat geld aan die Record Labels betaal word as luisteraars die musiek kan record en stoor. Nou dit is die mees blatante form van extortion wat ek nog ooit van gehoor het. Dis goed - hulle raak sloppy.
Ek wil nog 'n radiostasie sien waarvan af jy nie klank kan record nie. Bliksem, dit sal maar lekker boring wees - en stil. Ek kan dink aan mooi name: Radio Ruis, die Stil Stasie, of Fokkol FM, die stasie sonder 'n radio. So, wat sê die mafia nou eintlik?
"As jy 'n radiostasie is, gee vir ons geld. Beskou dit as 'n boete vir die feit dat jy een van die struikelblokke in ons missie is na 'n tjoepstil wêreld."
Dan, op 'n baie ligter noot, het die Arctic Monkeys dit reggekry om #1 op die UK charts te slaat sonder 'n label (harde applous), deur hulle music van die begin af downloadable te maak op die Net. Hopelik sal dit vir mense begin wys hoe totaal donkereeus die idee van 'n label is. Tog moet ek seker besef dat nog so 'n paar duisend bands dit ook eers sonder 'n label sal moet maak voor dit gebeur... binne die volgende jaar.
Maar moenie worry nie, dit kom!


1 Kommentaar:
Hey Adriaan ek comment maar oor alles in general. Ek weet nie of jy my onthou nie maar ek het saam jou die duik nou gedoen,my naam is Reghardt ek is die een met die krul hare, maar ek wil net se ek love julle musiek dit is insane!!!!!!!!! Dankie daarvoor sien jou by strab...
Oja lekker vakansie!
Post a Comment
<< Home